Jannie du Toit – liedjieskrywer en sanger van veral Afrikaanse en Nederlandse kleinkuns – is op 13 Desember 1951 in Heidelberg gebore. Hy neem klavierlesse vanaf sesjarige ouderdom, maar begin kitaar speel op vyftien en het altyd daarvan gedroom om sy lewe lank musiek te maak en te sing.
VROEË LOOPBAAN AS SANGER
Hy het in 1971 as student in ‘n pop/rock-groep gespeel, maar ook betrokke geraak by Afrikaanse musiek as lid van die folkgroep TRILOGIE wat in 1975 op die proefuitsendings van SATV hulle landswye debuut maak. Hy voltooi sy B Iuris-LLB by RAU (nou Universiteit van Johannesburg, UJ) maar verlaat die regsberoep in 1980 om ‘n musiekloopbaan te begin.
Saam met onder andere Koos du Plessis, Laurika Rauch, Anton Goosen, Louis van Rensburg, Coenie de Villiers en Clarabelle van Niekerk, speel hy ‘n belangrike rol in die Musiek- en Liriek/Luisterliedjie-beweging van die laat sewentigerjare. Hy skryf
Continue reading…